Op Die Hart

Elektroniese inligting Sondae Eredienste

Hieronder is 'n skrywe rakende NG Rooihuiskraal se aanlyn eredienste waardeur ons as gemeente vir die volgende paar weke gaan voortgaan om in dankbaarheid en verootmoediging die Here se aangesig te soek.

Liewe vriende,

Dit is vir my lekker om die volgende skrywe met julle te deel en ek sien uit na ons aanlyn eredienste waardeur ons as gemeente vir die volgende paar weke, op Sondagoggende, gaan voortgaan om in dankbaarheid en verootmoediging die Here se aangesig te soek. Dit is my gebed dat die God van hoop ook op hierdie manier vir ons sal bemoedig en lei om steeds, en veral ook in hierdie tyd, ‘n baken van hoop te wees.


Hoe die eredienste gaan werk:

Ons moedig gesinne of kleingroepe aan om Sondag oggend deel te neem aan die erediensgebeure hetsy in jou sitkamer, jou kombuis, of waarookal jy gemaklik voel om saam te aanbid. Die eredienste is in 3 formate beskikbaar naamlik video, klankbaan, en geskrewe formaat. Ons volg steeds ‘n volledige liturgie met votum, seëngroet, lofprysing en aanbidding, gebed, prediking en offergawes wat duidelik deur die verskeie mediums aangebied gaan word. Die ideaal is dat jy, indien moontlik, tesame met die video of die klankbaan, ook die geskrewe formaat byderhand sal hou om te help met die verloop van die erediens. Ons moedig veral ook gesinshoofde aan om hier die leiding te neem.


Waar kan ek die preke in die hande kry?

Hiermee gee ons graag die inligting deur wat jy gaan benodig vir die aanlyn videopreke en ander stof wat beskikbaar gemaak gaan word.


1.Youtube:

Indien jy dalk van Youtube gebruik wil maak is jy welkom om in Youtube ons kanaal te besoek.
Opsie 1 is om die kanaal in die soekfunksie van Youtube te soek naamlik: NG Gemeente Rooihuiskraal. Sodra dit vertoon kan jy daarop kliek/subscribe en op so wyse die video materiaal verkry.
Opsie 2 is om die skakel hieronder te gebruik. Dit neem jou direk na die gemeente se kanaal. Sodra dit oopmaak kan jy inteken (subscribe) sodat jy dit in die toekoms makliker kan kry.
Opsie 3 is dat jy deur ons Facebook blad toegang tot Youtube kanaal verkry.

Kom neem gerus deel aan ons preek


2.Dropbox:

Ons het ‘n ruimte op die internet geskep waar al die materiaal vir die preke beskikbaar gaan wees. Soos julle hieronder sal sien is daar vier moontlike skakels wat jy met enige elektroniese apparaat kan betree. Die volgende skakel gee jou toegang tot al die mediums. Kliek op enige van die skakels en kies die toepaslike video/dokument/klankbaan deur daarop te kliek. :

Rooihuiskraal Dropbox folder

Die volgende skakel neem jou direk na die video preke. Kliek op die toepaslike video om dit te aktiveer. Video preke en boodskappe

Video preke en boodskappe

Die volgende skakel neem jou direk na die klankbane. Kliek op die toepaslike klankbaan om dit te aktiveer.

Klankbane van preke

Die volgende skakel neem jou direk na die dokumente. Kliek op die toepaslike dokument om dit te aktiveer.

Preke in MS Word en PDF formaat

Die volgende skakel neem jou direk na die kommunikasie. Kliek op die toepaslike item om dit te aktiveer.

Kommunikasie


3.Whatsapp:

Ons het ook ‘n Whatsapp funksie waardeur ons verdere kommunikasie en skakels sal stuur.


Hoe gaan die lofprysing werk?

Vir die doeleinde van lofprysing en aanbidding sal daar in die video formaat en geskrewe formaat ekstra skakels gegee word wat jy sou kon gebruik om na liedere te luister of om saam te sing. Ons moedig gesinne aan om ook eie initiatief hiermee te neem deur die gebruik van ander moontlikhede soos CD’s of selfbegeleiding (tyd om daardie kitaar en klavier af te stof).


Hoe gaan die offergawes werk?

Ons moedig gesinne aan om steeds julle weeklikse bydra te gee deur een van die volgende metodes te gebruik:

(a) Betaal elektronies na die volgende rekening: NG Rooihuiskraal ABSA Tjek 2890 58 00 79 Centurion Tak: 630445 Verwysing: Bydrae + U naam en van

(b) Scan die volgende om met SnapScan te betaal (sien onder).

Wanneer gaan die preke beskikbaar wees?


Die media sal alles beskikbaar wees teen 17:00 elke Vrydag middag. Kyk gerus reeds vanaand na 17:00 uit vir eerskomende Sondag se materiaal.

Groete in Jesus.

Ds Simon van den Heever